Dag 1.4: Kom ons help mekaar
Julle moet mekaar ...
Ek hoor dikwels die versugting by mense dat hulle wil weet wat die Here se wil vir hulle lewe is.
As mens deur die Nuwe Testament lees, duik hierdie sinsnede dikwels op: “julle moet mekaar” ... aanvaar, verdra, vergewe, respekteer, reghelp, troos, moed inpraat en dan die een wat die meeste kere voorkom: julle moet mekaar liefhê.
Nêrens klink dit net soos ’n versoek nie. Nêrens sê dit: as jy daarna voel of as die ander een dit verdien, of as die ander een dit vir jou terugdoen nie.
Oral sê dit: julle moet. Dit klink vir my soos ’n opdrag. Dit klink vir my soos iets wat die Here se wil is en wat ons nie mag verontagsaam nie. Jy kan dalk dink hierdie klink sommer net soos ’n goeie sessie “life coaching” in sosiale vaardighede, wat dit natuurlik maklik kan wees.
Maak gerus die Bybel vir ’n oomblik toe en asof hierdie moets nie in die Bybel staan nie, pas jy dit toe in jou alledaagse lewe – by die huis, by die werk, by die winkel, agter die stuurwiel, op jou Facebook, Instagram, Twitter, Whatsapp kommentare en jy sal sien dat dit goeie vrugte afwerp.
Hoeveel te meer as jy dit doen juis omdat dit in die Bybel staan en sulke gedrag vir die Here aanvaarbaar is. Ignoreer dit en verhoudings sal versuur word, koppe sal stamp en bitterheid, negatiwiteit, rusies en onmin sal intree. Gaan soek gerus bietjie in die Bybel na al die julle-moet-mekaar’s en doen saam met my selfondersoek.
Nog vooruitsigte:
- Vroue oggende / Speel en ontdek jou gebeds kleur
- Maak jou eie war room
- Flag teachings
- Anointing oils
- Goddelike klerekas beplanning
- Wat is sier wood
- Hemele se hooggeregshof en beveordering