12-Weke Moederwond-Reis
Herontdek jouself. Heel jou moederwond. Word deel van ‘n veilige, ondersteunende gemeenskap van vroue soos jy.
Die Zoom skakel vir die volgende Moederwond sessie is:
https://zoom.us/j/95219500393?pwd=0Bt4oMvT0XHiAfCA1ohPOjW7CsCpw9.1
Skool is ’n veilige gemeenskapsruimte waar jy nie net toegang tot opnames kry nie, maar ook saam met ander vroue deel, leer en genees.
https://www.skool.com/pillow-talk-by-rise-5179
Kyk weer Irene se boodskap
Meer oor die kursus: Moederwond - 'n Reis na Selfherstel
Hierdie 12-weekse program is méér as net ’n aanlyn kursus. Dis ‘n diep innerlike reis waar jy – week vir week – die geleentheid kry om die stemme van skuld, seer en stilte wat jy uit jou kinderdae dra, liefdevol te ondersoek en te begin transformeer.
Elke week word jy deur Irene gelei in ‘n veilige, aanmoedigende ruimte waarin jy:
-
Die oorsprong van jou moederwond kan begin verstaan
-
Die impak daarvan op jou nabye verhoudings, identiteit en selfwaarde kan herken
-
Sistematies te leer om weer met jouself en ander in gesonde verhoudings te staan
Wat jy ontvang:
✔️ 12 aanlyn Zoom-sessies op Donderdagaande
✔️ Toegang tot die Skool-gemeenskap met opnames, refleksie-oefeninge en groepsinteraksie
✔️ Tyd en ruimte om jou eie waarheid te ontdek – sonder oordeel
✔️ En dit alles gratis – al het vorige deelnemers R9500 betaal
Hierdie reis is vir jou as jy:
– Voel jy het dele van jouself verloor in jou verhoudings
– Voel jy dra emosionele patrone oor van geslag tot geslag
– As jy gereed is om jou storie te herskryf, juis oor jy lief is vir mense om jou.
Hoekom die Skool-gemeenskap belangrik is
Ware genesing gebeur nie net in stilte nie – dit gebeur ook wanneer ons gesien, gehoor en ondersteun voel deur ander wat soortgelyke paaie stap.
Die Skool-gemeenskap is nie net 'n plek vir opnames en aankondigings nie – dis ’n lewende, groeiende ruimte waar jy:
-
Jou eie ervarings veilig kan deel, as jy gemaklik voel
-
Ander vroue se stories kan lees en daardeur perspektief kry
-
Vrae kan vra, ondersteuning kan bied én ontvang
-
Voel jy is deel van iets groter as net 'n kursus
Elke vrou in hierdie ruimte dra iets by – nie net haar seer nie, maar ook haar wysheid, empatie en moed. Wanneer ons saam leer en deel, begin iets "magical" gebeur: ons breek isolasie af en bou 'n "sense of belonging" en herstel 'n nuwe generasie.
"Dis in hierdie kring van vroue waar ons onsself begin onthou… stukkie vir stukkie, met sagtheid."
Skool hou ons verbind – nie net aan mekaar nie, maar ook aan ons eie proses.
Registreer nou hier by die Skool-gemeenskap.
https://www.skool.com/pillow-talk-by-rise-5179
Meer oor Irene
Irene is nie net ’n fasiliteerder nie — sy is ’n lewensreisgenoot, ’n vrou wat self deur die donker vallei van die moederwond gestap het, en nou ander help om lig en betekenis in hul eie pyn te vind.
Met ’n B.A. in Sielkunde (Berading), gevorderde opleiding in Logoterapie, gesertifiseerde praktisyn in ICR Life Coach® (International Coaches Registration) - Sub scope The Neuro Coach Method ™, Narratiewe Terapie, Seksologie en Christelike Berading, bring sy ’n unieke kombinasie van wetenskaplike insig en geestelike wysheid na hierdie reis. Sy is ook ’n gesertifiseerde ETDP (Education, Training and Development Practitioner).
Irene se benadering is sag, maar gegrond. Sy skep ’n veilige ruimte waarin jy jou seer mag bring sonder oordeel — maar ook die moed kry om jou eie herstel ernstig op te neem. Haar werk is nie net tegniek nie; dit’s ’n roeping geanker in geloof, deernis en Goddelike aanvaarding.
Sy gebruik gevorderde hulpmiddels soos Multi-Level Neuro-Processing™ (MLNP), ’n gestandaardiseerde metode wat trauma en gedragsgewoontes op vier vlakke ondersoek om vinniger blywende verandering te bring.
Tydens die 12 weke saam met Irene kan jy verwag om:
-
Gesien en gekoester te word in jou pyn
-
Praktiese en geestelike gereedskap te ontvang
-
In jou eie tempo te groei na vryheid en betekenis
Irene glo dat "non judgemental awareness is curative" en dat ware groei begin wanneer ons verantwoordelikheid neem vir ons eie genesing en selfsorg.
Terugvoer van vroue wat week 1 bygewoon het
- Dankie ek 🙏 kan nie glo jy doen dit verniet nie 😭 jy't rêrig goed gedoen! Ek’s opgewonde oor die volgende sessie 💃🔥. Ek het nie eens besef ek onderdruk my wond nie 😢💔… dis soos iets het oopgebreek in my. Sien jou weer!
- Dit was regtig wonderlik gewees tannie. Ek is baie opgewonde oor hierdie reis en dat ek deel kan wees van dit saam tannie. Het eintelik nie besef dat ek ook genesing kort nie, nog altyd gedink dit is normaal, want dit is al wat ek ken. Baie dankie tannie💕lekker slaapies, lief vir tannie.
- Dankie ek Die ‘Mother Wound’-sessie kon bywoon, was ’n diep en transformerende ervaring 🙏💔. Ek so connect met jou empatie en wysheid😢🕊. Die atmosfeer was veilig en heilig – ek het gevoel ek mag voel en ek mag genees 🌱✨. Ek sien uit na die volgende sessie!