Moederwond

Verstaan die onsigbare patrone

wat jou gevorm het

en begin met meer bewustheid,

sagtheid en vryheid

vorentoe beweeg.

Ontdek die Moederwond-reis

Kan die moederwond jou steeds beïnvloed?

Die moederwond wys nie altyd as een duidelike oomblik uit nie.

Dit leef dikwels voort in alledaagse patrone en ervarings.

Soos om almal se welstand bo jou eie te plaas, gedurig skuldig te voel, met swak grense te worstel, of om te wonder of jy ooit goed genoeg is.

Dit is die konstante gevoel dat jy uitbrand sonder ondersteuning, terwyl daar boonop net vingers na jou gewys word.

Dit gaan nie daaroor om jou ma te blameer nie.

Dit gaan daaroor om met sagtheid te verstaan wat jou gevorm het, sodat jy kan begin kies wat jy nie meer hoef saam te dra nie.

Herken jy van hierdie patrone?

Jy probeer almal gelukkig hou

Jy neem maklik verantwoordelikheid vir ander se emosies en voel skuldig wanneer jy jouself eerste kies.

Jy sukkel om grense te stel

Jy sê ja wanneer jy eintlik nee wil sê, omdat jy bang is vir teleurstelling, konflik of verwerping.

Jy wonder of jy goed genoeg is

Selfs wanneer jy jou beste gee, kan dit voel asof jy steeds harder moet werk om liefde, erkenning of aanvaarding te verdien.

Wat is die moederwond?

Die moederwond verwys na die emosionele spore en patrone wat kan ontstaan wanneer jou behoeftes aan veiligheid, erkenning, beskerming en emosionele verbinding nie altyd ontvang is soos jy dit nodig gehad het nie.

Dit beteken nie jou ma het jou nie liefgehad of doelbewus seer gemaak nie.

Sy het moontlik self geleef vanuit haar eie seer, beperkte ondersteuning of patrone wat sy ook aangeleer het.

Maar dit wat jy ervaar het, kan vandag nog wys in hoe jy oor jouself voel, hoe jy in verhoudings verbind en hoe jy jou eie behoeftes hanteer.

Die doel is nie om te blameer nie maar om te verstaan wat jou gevorm het, sodat jy vandag nuwe keuses kan begin maak.

Wat jy in die Moederwond-reis sal ontdek

1. Herken waar jou patrone begin het
Ontdek hoe vroeë ervarings jou selfbeeld, emosionele reaksies en behoefte aan goedkeuring kon vorm.

2. Verstaan hoe dit jou vandag raak
Sien hoe hierdie patrone vandag nog kan wys in jou grense, verhoudings, skuldgevoel, selfvertroue en daaglikse keuses.

3. Begin anders kies
Leer om jou eie behoeftes raak te sien, met meer selfdeernis te reageer en gesonder grense en verhoudings te begin bou.

Kies jou Moederwond-opsie

GRATIS MOEDERWOND KOMPAS

Nie seker of hierdie patrone op jou van toepassing is nie?

Die gratis Moederwond Kompas help jou om op 'n sagte, gestruktureerde manier te kyk na patrone wat moontlik in jou emosies, grense, selfwaarde en verhoudings wys.

Dit is nie 'n diagnose nie — dit is 'n uitnodiging om met meer helderheid raak te sien wat vir jóú uitstaan.

Gratis assessering • Persoonlike refleksie • Begin op jou eie tyd

Doen die gratis Moederwond Kompas

Twee reise. Een dieper pad na herstel.

Moederwond 1 en Moederwond 2 neem jou deur 21 weke se begeleide inhoud, met meer as 23 uur se video-inhoud wat jy in jou eie tyd kan deurwerk.

21 WEKE

Begeleide inhoud

23 URE 35 MIN

Video-inhoud

± R16 500

Waarde van video-inhoud

Moederwond 1

12 weke • ±14 uur se video-inhoud

Begin deur te verstaan wat onder die oppervlak gebeur.

Herken die patrone wat jou selfbeeld, grense, emosionele reaksies en verhoudings steeds beïnvloed. Begin met meer bewustheid en sagtheid nuwe keuses te maak.

Wil jy sien wat elke reis week vir week behels? Klik op die Moederwond 1 prent hieronder om dit groter en leesbaar te sien.

Moederwond 2

9 weke • ±9½ uur se video-inhoud

Beweeg van herkenning na dieper integrasie.

Bou voort op die eerste reis en werk verder met jou emosionele patrone, behoeftes, grense, identiteit en verhoudings. Sodat nuwe insigte deel kan word van hoe jy vorentoe leef.

Wil jy sien wat elke reis week vir week behels? Klik op die Moederwond 2 prent hieronder om dit groter en leesbaar te sien.

Jou reis bly groei

Hierdie is nie ’n statiese program wat jy bloot voltooi en klaar maak nie. Net soos die Woord beloof dat ons transformasie kom deur die daaglikse vernuwing van ons gemoed, so is jougenesing ’n lewende proses.

Sy bied deurlopende nuwe temas, maar ook persoonlike ondersteuning sodat jy:

  • Telkens kan terug kom om nuwe lae van jouself te ontdek.
  • Haar as jou persoonlike reisgenoot en life coach aan jou sy kan hê vir individuele sessies.
  • Doelgerigte verwondingsassessments kan doen, want meet is om te weet. Ons identifiseer vinnig die kern van jou pyn (of dit nou die Moederwond, Vaderwond, Innerlike Kind, of
    ander diep lewenswonde
    is), sodat ons gouer by jou herstel uitkom.
  • ’n Unieke program kan stap wat presies pas by jou eie lewensskakering.

Waar jy vandag staan, is nie waar jou storie eindig nie. God is nog besig om jou te herstel!

Ontmoet Irene

Irene Stavast is nie net ’n fasiliteerder/coach nie. Sy is ’n mede-reisgenoot wat vroue met sagtheid, eerlikheid en diep respek deur moeilike innerlike werk begelei.

Irene glo jy hoef nie perfek, sterk of “reg” te wees voordat jy kan begin nie.

Sy stap eerder langs jou as voor jou met eerlikheid, warmte en respek vir jou storie, jou tempo en jou geloof en gesametlike goeie moed.

Daar is ruimte vir die moeilike vrae, die deur mekaar gevoelens en selfs die dinge waarvoor jy nog nie woorde het nie.

Jy hoef nie alles alleen uit te figure nie.

Leer Irene Beter ken

Wat Ester oor haar Moederwond-reis sê

Ester deel in haar eie woorde hoe haar ervaring haar gehelp het om met nuwe insig na haar verhaal, haar verhoudings en haarself te kyk.

VROUEMAAND-AANBOD

Kry lewenslange toegang vir R1 500

Een betaling. Geen maandelikse fooie nie. Jou toegang bly joune.

Moederwond 1, Moederwond 2 en elke nuwe Moederwond-tema wat maandeliks bygevoeg word. Alles deel van jou lewenslange toegang.

21 weke se huidige inhoud · Byna 22 uur se video · Nuwe inhoud elke maand

Vrouemaand-aanbod geldig tot 31 Augustus. Vanaf 1 September is lewenslange toegang R3 000.

Kry lewenslange toegang