Dag 1.2: Die 'journey' begin
Om objektief na krisse te kyk, is baie belangrik …
Ek probeer om kalm te bly en rustig na krisis te kyk, sodat ek die moontlike oplossings of geleenthede daarin kan raaksien.
Ek vra myself wat ek daaruit kan leer en of ek moontlik iets moet verander sodat ek my nie weer in ‘n soortgelyke of erger situasie bevind nie.
Ek herinner myself ook daaraan dat ek al voorheen groter probleme gehad het, maar dat alles toe op die einde uitgewerk het soos wat dit moes.
Moenie bang wees om nuwe dinge te leer of te ervaar nie …
Maak jouself op om meer te leer deur boeke te lees of te luister. Só vernuwe jy jou gedagtes en verander jy jou perspektief van lewe op ‘n gereelde grondslag.
Stel jouself meer bloot aan nuwe omgewings en mense wat jou anders help dink. Die oomblik as jy jou denke verander, kan dit tot ander aksies lei vir jou ander uitkomste kan gee.
Wees net jouself om ‘n positiewe impak op die wêreld te hê …
Dink aan die lagies van ‘n ui. Begin by jouself en die res van die lagies sal om jou begin vou.
Maak seker jy sorg vir jouself deur gesond te eet, te oefen, gereeld te bid, en om joernaal te hou.
Só herrinner jy jouself dat jy nie van die hierdie wêreld af is nie en ook net ‘n seker tyd het om dit ten volle te ervaar en ‘n verskil te maak.