Dag 1.1: Die uitnodigging
Wanneer jy die word “leier” hoor, is dit maklik om aan iemand anders te dink …
Aan jou werkgewer of iemand bekend wat jou inspireer …
Hoewel hierdie mense beslis ‘n impak op jou lewe het en jou kan motiveer, is dit belangrik om te besef dat jy ook die leier van jou eie lewe moet wees.
As jy nie beheer het oor jou eie bestaan nie, sal dit vir jou moeilik wees om uit te blink by die werk, ‘n goeie vrou en ma te wees en ‘n gelukkige lewe te lei.
As jy ‘n impak wil maak, moet jy beheer neem …
Wanneer jy besef dat jy net een kans het om regtig te leef, sal die leier binne jou sommer baie vinnig wakker skrik.
Dan sal jy bereid wees om meer kanse te waag, te leer waar jy kan en met oorgawe liefhê. Dit is dan wanneer jy uitstaan bo ander en hulle sommer ook inspireer om dieselfde te doen.
Sonder dat jy dit besef, is jy dan ‘n leier vir ander – iets wat jy nooit sou kon doen as jy nie die leisels van jou eie lewe styf vashou nie.