Dag 15: Jona Irene en sy haar planne
Jona 4:1-11 – Jona is ontevrede, maar die Here bevestig sy genade
Toe Jona die stad verlaat, gryp God in. Maar waar God vantevore met ’n groot storm en ’n sterk wind ingegryp het, doen Hy die hierdie keer met ’n klein struikie. Wat opvallend is, is nie net dat dit ’n wonderstruikie is wat oornag opskiet nie, maar dat dit so klein is.
Mense raai al eeu lank watter soort struik of bossie dit kon wees. Luther het gedink dat dit ’n soort pampoenrank was. Ander het gedink dat dit ivy kon wees of ’n wingerdrank of ’n kasterolie plant. Die Afrikaanse vertaling stel voor dat dit ’n komkommerplant was. Maar soos in die geval met die vis is dit nie so belangrik om te weet wat dit was nie. Die eintlike kontras is tussen die groot vis en die klein struikie of bossie.
In Hebreeus word die woord eintlik met twee verkleiningsvorme geskrywe: qîq-aj-ôn: d.w.s. struik-ie-tjie! Rondom dié piepklein struikietjie word die groot dinge van die verhaal nou opgestel: die groot woede van Jona, sy groot blydskap en die lot van die groot stad Nineve.
Fyn humor!
- Lê jy ook in jou eie storm en slaap soms?
- Maak jy ook jou eie planne?
- Moet mense jou ook soms skut om wakker te word in jou storm? Van jou eie planne?
- Vat jy ook soms mense saam jou op ‘n boot wat jy nie moet nie
- Hoe vermei jy jou skeppings doel?
- Raak jy ook besig met afleidings?