Dag 17: Skip moet die hawe verlaat

In 1928 het John A. Shedd 'n versameling gesegdes vrygestel met die titel "Salt from My Attic", en die volgende gewilde aforisme is ingesluit: 'n Skip in die hawe is veilig, maar dit is nie waarvoor skepe gebou is nie.

Daarop eenvolgend Preseident Franklin D. Roosevelt het gesê dat oorlogskepe nie gebou word om in die hawe te roes en te verrot nie. Hy wil hê hulle moet aanhou beweeg sodat spanne in volle oefening kan bly by hul seemanskap, skietery, ens. Dit klink na harde sin.

Hawes bring by my ‘n nostalgies gees van ontdekking navore. Plek van veiligheid teen storms, of aanvullings, voorrade aan vul, herstel en beplannings strategie.Mens moet volstoom sy doelwit bereik en jou vakmanskap (kennis en vermoë) gaan toets teen die buite wêreld en sien of jy jouself gestan dkan handhaaf, beskerm en die regte beslutie neem. Natuurlik alle sonder die leiding van die Heilige Gees.

In 1984 het Hopper in 'n artikel gesê: "’N Skip moet die hawe velaat en seile span. Om net op dokke te staan, dit is nie waarvoor skepe gebou is nie. Metanderwoorde, as jy ’n goeie idee het en jy weet dit gaan werk, gaan voort en doen dit.

Handelinge 27:12
en omdat die hawe nie geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, 'n hawe in Kreta wat ooplê na die suidweste en na die noordweste.

Anders hoe sal ons dan kan meet volgens die vakmanskap of die kwaliteit swak is en aangepas moet word. Of ons oorwinnaars is en kan bly groei want selfs ons moet nie stagneer nie. En om net hawe toe te gaan vir rigting aanwysing en koers vind weer.

Psalms 46:1
God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

Is God jou hawe en krag?
Is HY jou teenwoordige hulp en krag in moeilike tye?

Psalms 107:30

Wie is jou leidsman?
Wie is die kaptein van jou skip?
Wie stuur jou boot?
Waarheen is jou boot op pad?
Waar op fokus jy in storms?
Wat is jou storm se naam?
Ken jy die Kaptein persoonlik?
Wie help jou op as jy struikel?
Weet ons regtig hoe dit is om God soos ‘n kind te vertrou?

My gebed is dat jy die kaptein van jou eie skip persoonlik ken en saam Hom die volgende roete beplan voor jy die volgende keer uit die hawe vertrek en jouself hartseer kan spaar.