Dag 18 Oorleef in moeilike tye Gaan moedig vooruit!

Bly wakker, gaan moedig vooruit!

WIE kan werklik ontken dat ons in “kritieke tye [lewe] wat moeilik is om deur te kom”?

As Jesus se Getuies is ons nie immuun teen die druk van die lewe in “die laaste dae” nie (2 Timoteus 3:1-5).

Swaar tye, selfsug, geldierig disrespek ongehoorsaam aan ouers.

Maar ons besef dat mense hulp nodig het. Hulle verstaan nie die betekenis van wêreldgebeure nie. Hulle het vertroosting en hoop nodig. Wat is die vernaamste rol wat ons kan vervul om ons medemens te help?

Ons het ’n godgegewe opdrag om die goeie nuus van God se opgerigte Koninkryk te verkondig (Matteus 24:14). Mense moet weet dat hierdie hemelse Koninkryk die enigste hoop vir die mensdom is. Maar ons boodskap word nie altyd gunstig ontvang nie. In sommige plekke is ons werk verbied en word ons broers vervolg. Nogtans gee ons nie moed op nie. Ons stel ons volle vertroue in Jehovah en is vasbeslote om wakker te bly en steeds moedig vooruit te gaan, terwyl ons die goeie nuus sonder ophou bekend maak.—Handelinge 5:42.

Hierdie vasbeslotenheid kon duidelik gesien word by spesiale vergaderinge wat in Oktober 2001 gehou is. Op Saterdag, 6 Oktober, is die jaarvergadering van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië gehou in die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies in Jersey City, New Jersey, in die Verenigde State.* Die volgende dag is bykomende vergaderinge op vier plekke gehou, drie in die Verenigde State en een in Kanada.*

In sy inleidingskommentare by die jaarvergadering het die voorsitter, Samuel F. Herd, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, na Psalm 92:1, 4 verwys en toe gesê: “Ons wil ons dankbaarheid toon.” Vyf verslae uit ander wêrelddele het ons inderdaad rede tot dankbaarheid gegee.