Dag 20: Hoe lyk vriendskap
MARKUS 10:45 AFR83. Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”.
Dien ons mekaar werklikin vriendskap?
Dawid en Jonatan — 'n Sterk band van vriendskap
Jónatan in die Bybel - Beste Vriend van Dawid - eferrit.com Konflik het gekom soos Koning Saul se gesonde verstand gekrummel het. In 'n kultuur waar familie alles was, moes Jonathan tussen bloed en vriendskap kies.
Bloed is dikker as water!
Ons almal ken die gesegde: 'Bloed is dikker as water'. Ons almal ken die betekenis daarvan: Familie is meer belangrik as enige iemand of iets.
Vir gelowiges het God hierdie gesegde ware betekenis gegee. Christus het dit kom personifiseer. Jesus sê in Markus 14:24 "Dit is my bloed wat bewys dat God sy ooreenkoms om julle God te wees, gaan hou. Dit geld nie net vir 'n paar nie, maar vir baie mense."
Water was skoon en gee lewe. Jesus se bloed het ons sondes skoon gewas. Christus se bloed gee die Ewige Lewe. Bloed is dikker as water.
PREUKE 18:24 NLV. Vriende kan mekaar verwoes. Daar kan ook 'n vriend wees wat nader aan jou is as jou eie broer. NLV: Nuwe Lewende Vertaling. Weergawe.
Die waarde van vriendskap
Vriende is 'n noodsaaklike deel van die lewe, maak nie saak hoe oud jy is nie – hulle skep 'n sin van samehorigheid, maak jou gelukkig en staan jou by as dinge in die lewe begin skeefloop. Vir kinders is die koestering van vriendskap ook belangrik vir persoonlike ontwikkeling.
Vriendskap bied kinders meer as net speelmaats; dit help hulle om emosioneel en moreel te ontwikkel. Deur met ander te speel, leer kinders ook belangrike sosiale vaardighede soos hoe om te kommunikeer, saam te werk en probleme op te los.
'n Gesonde vriendskap tussen kinders is een waarin hulle wedersydse respek toon, opgewonde gesels oor die dinge wat hulle saam doen, en gretig is om positiewe of snaakse stories oor mekaar te deel. Maar om sulke vriendskappe te smee kan moeilik wees, veral as jou kind skaam is.
Hoewel jy nie namens jou kind vriende kan maak nie, kan jy hom of haar met die nodige sosiale vaardighede toerus om self vriende te maak. Volgens navorsing sluit die top-vriende-maak-vaardighede vir kinders die volgende in: Maak oogkontak luister na ander: begin 'n gesprek; neem deel; vra om verskoning; maak beurte; sê hoe jy voel; aanvaar kritiek; wees tegemoetkomend en onthou jou manière.
Selfs al beoefen jou kind al hierdie vaardighede, mag dinge dalk nie altyd volgens plan verloop nie. Dit is dus belangrik om hom of haar te leer hoe om verwerping op 'n gepaste wyse te hanteer en dit nie persoonlik op te neem nie. Verduidelik ook die verskil tussen vriendskap en gewildheid - vriendskap help mens om te groei en kan moontlik 'n leeftyd lank hou, terwyl gewildheid vlietend is.
Hoewel die persoonlike waarde van vriendskap onsigbaar kan wees, is daar verskeie duidelike voordele. Om ‘n hegte band met ander te smee saldie volgende mikpunte bereik word:
- Jou kind se selfvertroue kry 'n hupstoot.
- Dit leer hom of haar hoe om konflik te hanteer.
- Dit help hom of haar om leierseienskappe te ontwikkel.
- Dit werk gevoelens van afsondering teen.
Deur vriendskap leer kinders van gee en neem, wen en verloor, vol gen lei. Hulle ervaar vrees en verwerping, maar ook vreugde en kameraadskap. Op die lange duur ghelp vrneskap kinders om die sosiale vaardighede wat hulle as volwassenes gaan benodig, te ontwikkel.
- Het jy sulke nabye vriende?
- Is jy so ‘n vriend?
- Het jy ‘n persoonlike verhouding met God?
- Hoe lyk jou verhouding met jou vriende?
- Is jy ‘n Jonathan vriend/vriendin?
- Is jy lojaal in al jou vriendskappe?
- Neem jy die regte besluite?