Dag 21: Die onsigbare vrou

… Hy draai na die vrou toe om en sê verder vir Simon: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom – en jy, water vir my voete het jy My nie gegee nie, maar sy, met haar trane het sy my voete natgemaak en met haar hare het sy dit afgedroog. 'n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. My kop het jy nie eens met olie gesalf nie; sy het my voete met reukolie gesalf. Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” Lukas 7:44-47, 1983-vertaling

Het jy "The God's Must Be Crazy" gesien? Dis vir my so mooi hoe daardie boesman altyd groet met die woorde "Ek sien jou." Want dis waar ons vassit, né? Ons wil nie misgekyk word nie, maar ons SIEN mense nie.

Matteus 6:1 Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.

In die eerste eeuse Joodse kultuur, het vroue in die algemeen baie min regte gehad en is daar van hulle verwag om gesien en nie gehoor te word nie. Selfs in die Evangelies word baie min vroue by die naam genoem.

Die anonieme vrou in vandag se verhaal het ongenooid by Simon se partytjie opgedaag en toe boonop 'n drama veroorsaak toe sy haar hare in die openbaar losmaak. Dit was 'n skokkende gebaar wat as verleidelik geïnterpreteer kon word. Haar parfuum het in die lug gehang en haar gehuil het die ongemaklike stilte verbreek.

Jesus het geweet wat Simon dink en daarom vertel Hy 'n kort gelykenis oor skuld en vergifnis. Toe vra Hy Simon 'n oënskynlik voor die hand liggende vraag: "Sien jy hierdie vrou?"

Natuurlik het Simon haar nie regtig raakgesien nie. Hy sien al die vrou se aksies, maar slaag nie daarin om te onderskei wat werklik daar voor hom gebeur nie. Jesus verstaan dat hierdie vrou haar diepste gevoelens van dankbaarheid en liefde teenoor God uitstort. Dit is 'n heilige oomblik van onvoorwaardelike oorgawe en toegewydheid aan God.

Hierdie vraag,"sien jy hierdie vrou?", weerklink vandag steeds. Ons kies baie keer om neutraal te bly, onpartydig en afsydig wanneer dit kom by die uitdrukking van emosie voor God. So 'n radikale uitstorting van toegeneentheid teenoor Jesus laat sommige van ons ongemaklik voel, maar is die natuurlike reaksie van 'n Christen wat vergewe is.

Ons benodig die oë van Jesus om hierdie groot liefde te kan raaksien wanneer 'n vergeefde sondaar dit aan Hom bewys.

Kan ek jou ‘n ongemaklike vraag vra? In watter mate word jy deur erkenning gemotiveer? Hoe belangrik is ander mense se opinie van jou? Wil jy hê hulle moet goed praat van jou, of jou selfs bewonder?

Ons leef in ‘n wêreld waar beroemdes aanbid word; ‘n wêreld waarin een of ander bogkind ‘n sogenaamde “Instagram-beïnvloeder” word, wat honderdduisende, selfs miljoene volgelinge het. Dis gek. En die ergste van alles is dat ons onsself verbeel dat ons ook aansien moet geniet, bekend moet wees, bewonder moet word, anders het ons eenvoudig nie die paal gehaal nie.

Om verslaaf te wees aan erkenning is ‘n lelike ding, want dit beteken dat jy deur trots gemotiveer word en dat God, soos ons almal goed weet, die hoogmoediges weerstaan.

En weet jy, as ek daaraan dink, is die mense wat ek die meeste bewonder, nie so nie. My eerste pastoor, Phil, het sy hele lewe lank behoeftige mense, soos ek, gehelp. ‘n Goeie vriend van my, Dave in Kansas City, het sy lewe daaraan gewy om mense regoor die wêreld met die liefde van Jesus te bereik. Maar jy sal waarskynlik nooit weet hoe een van hulle lyk nie.

Dit is asof hierdie mense met inbors, hierdie mense wat ‘n verskil maak, onder die radar vlieg, sonder dat die meeste van ons hulle ooit erkenning gee.

Jesus was so. Hy het nie sy teologiese geloofsbriewe deur die godsdienstige leiers van sy tyd laat stempel nie. In plaas daarvan het Hy met die laagstes van die samelewing geassosieer. Weet jy, my gevoel is dat hoe gouer ons agterkom dat dit goed is om onder die radar te vlieg, hoe gouer sal ons vrede maak met wie ons is en waarvoor God ons geroep het.

Matteus 6:1 lees: “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. Moenie verslaaf wees aan die erkenning van mense nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Wat dryf jou?
Hoe hanteer jy die sameliewe se invloede?
Hoe hanteer jy mense se opinies?
Sien jy jouself altyd deur Jesus se bril?
Hoe oor kom julle verwantheidhed ?
En selfregverdiging?