Dag 22: Lae Selfbeeld

Bekende mense sukkel ook met selfbeeld, almal se oë is op hulle en die wêreld dink hulle het toegang die reg tot elke deel van hulle lewe en sit dit onder ‘n vergroot glas.

Maar onthou ons dat hulle ook net mense is.

Ek het die voorreg om Lorna Potgieter nou Rossetti, voormalige gekroonde SA skoonheid 1984 te ken en het onlang ook vir Jo-Ann SStrauss ontmoet, Mej Universe in 2001. En glo my hulle het ook ‘n hart vir hulle gesinne, vriende, ‘n liefde vir God en die gemeenskap, en beslis ‘n tyd nodig vir net wees en iewers herlaai na besige lewe in die kollig.

Hulle hoor ook dieselfde stemme as ek en jy die leun wat wil steel, slag en verwoes. Dinge wat hulle karakter en ideniteiet wil (wou) kom steel het. Van kapings en roof tot opinies van mense en verkeerde opsommings.

HEBREËRS 2:7 AFR53
U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.

Nou dit is waar dat dit voorkom dat hulle dalk vinniger herstel van negatiewe dinge en meer geleentheide het as ek en j yen dalk nie skaam is oor hulle voorkoms, en ‘n goeie selfbeeld het. Maar wat kan ek en jy anders doen om ons slefbeeld te verbeter al is ons nie in die kollig nie. Na regte is elke vrou elke dag in die kollig in haar eie reg, huishouding, gemeenskap, werk, kerk, vriende kring ens.

1 PETRUS 3:4 AFR83
Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde.

Hoe verbeter on sons self beeld, swelf praat. Hoe is ons elke oggend opreg lief vir onsself, want wat het ons om te gee as ons nie onsself vul nie. Wanneer hou ons op met vergelyk en gun ons vir onsself ook goeie dinge? Bekommenisse bring ons nêrens nie daarom dat vroue baie goeie beplanners is kyk nou net uit hoe min kano ns ‘n bord kos voorsit of deur Grendel tyd met innoverende idees kom hoe om werk, gesin en vriendskappe te handhaaf. Ons werk met ‘n plan dit is hoe God ons geweef het.

SPREUKE 31:30 AFR83
Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.

  • My voorstel vir self beeld is bly fisies besig.
  • Los die verlede (No fishing and camping allowed)
  • Soek professionele hulp al is dit net vir ‘n siesoen
  • Hou jou besig met positiewe vriendskappe wat waarde toevoeg
  • En hou jou oë gerig op God.