Dag 24: Beheervraat of Tevrede omdat God in beheer is
- Voel jy soms as jy in beheer is van ‘n taak, projek of funksie sal dinge beter wees?
- Voel jy magteloos as jy nie al sweet nie?
- Voel jy angstig as groepe jou uitsluit en mense jou nie nooi nie?
- Hou jy nie van alleen wees nie?
- En stiltes maak jou senuweeagtig?
- Daar moet altyd ‘n gebler wees van musiek of gedruis vna mense?
Lukas 24: 13-35 – God is in beheer, in hierdie lewe en in die lewe hierna
Taryn Sydow, leefstyl-afrigter van Gauteng Balans gaan nie oor hoe jy jou tyd bestuur nie. Dis om dit wat jy doen, in pas te kry met wie jy is. Dán sal jy vervuld en energiek voel. Kyk na jou behoeftes, waarde en talente. Skrywer Anthony Robbins sê elke mens het ses basiese behoeftes: aan sekerheid, verskeidenheid, groei, liefde/verbintenis, 'n betekenisvolle lewe, en om iets by te dra. As daar aan jou behoeftes voldoen word, voel jy energiek en tevrede. Indien nie, voel jy gedreineer en geïrriteerd. Dis waar 'n deel van jou woede en frustrasie vandaan kom. Jou waardes is dit wat belangrik is in jou lewe en wat jou gedrag bepaal. Wat is jou persoonlike waardes? As jou keuses en jou leefwyse hiermee strook, sal jy waarskynlik meer in balans voel. Jou talente is dié dinge wat "maklik" kom en wat jy só geniet dat jy byna tred verloor met tyd as jy daarmee besig is. Gebruik jy jou talente in minstens 80% van wat jy doen? As jy dinge doen waarvan jy hou, dreineer dit jou nie. As jy glo jy is "buite beheer", bepaal dit juis hoe jy elke dag ervaar. Doen selfondersoek: Sorg dat wat jy doen en hoe jy dit doen, strook met wie jy is. Jy is dan steeds besig, maar jy sal meer energie hê en meer vervuld voel. (Lees ook my boek Putting the Pebbles in First, Optimal Publishing, 2008.) Dr. Judy Jaye, Bestuurder: opleidingsontwikkeling by The Stress Clinic, Johannesburg 'n Groot stressor in jou lewe is dat jy beheer oor jou tyd verloor het.
Jy voel jy het nie tyd nie. Maar prioritiseer: Jy kan nie alles gelyk doen nie. Maak 'n lys van take (tot die kleinste) en rangskik dit in vyf afdelings: Die moet-take is nie-onderhandelbaar, belangrik en dringend - take met erge gevolge as jy dit nie doen nie (soos 'n dringende verslag of kos vir die huis). Die behoort te doen-take is belangrik, maar nie dringend nie. (Soos nuwe skoolklere en die voorlegging oor vier weke. Moenie dit los tot op die nipper nie. Beplan.) Die hou van-take is onbelangrik, maar jy geniet dit. Jy begin dalk vervaard kook 'n halfuur voor die gaste kom - maar bestee ure aan jou tafelversiering. Moenie dié take eerste doen nie. Delegeer-take het nie jou vaardighede nodig nie. Jy hoef nie supervrou te wees nie. Onthou: Wees baie spesifieek oor wat jy verwag en wanneer, anders stres jy steeds. Elimineer take wat vir jou niks beteken nie en wat jou groei belemmer. Tik elke dag af wat gedoen is en voeg nuwe take by. So beheer jy jou tyd, en die frustrasie sal verdwyn. As jy steeds gespanne is, is daar dalk ‘n ander onderliggende probleem. Kry hulp!
Psalm 66:1-9 So sterk is die Here dat Hy altyd in beheer van sake is. Hy gee aan ons lewe. Hy sorg dat niks ons onderkry nie.
Wanneer ons glo dat God in beheer is, al gebeur daar dinge met ons wat ons nie kan verstaan of wil aanvaar nie, maak daardie geloof dit vir ons moontlik om ten spite van ons krisissituasie nie paniekerig te raak nie, maar steeds tevrede te bly. In Psalm 46 praat die digter oor die dinge waarvoor hy bang is. Maar dan besef hy dat sy vrees onnodig is. “As ons wil vlug, kan ons na God toe vlug. As ons beskerming soek, sal die Here ons beskerm. As ons in die moeilikeheid is, sal Hy ons help. Daarom skrik ons vir niks nie. Al sou die aarde bewe en dit lyk of die berge in die see wil wegsak, ons is nie bang nie.” Getuig hy in die eerste drie verse van die psalm.
Dis vir God se kinders moontlik om in alle omstandighede kalm en tevrede te bly omdat ons vir seker weeet dat die God wat ons aanbid, volkome in beheer van ons omstandighede is.
Wanneeer dinge in jou eie lewe weer wil handuit ruk, focus op die feit dat jou God so sterk is daty Hy steeds in beheer sal bly. Die God vir wie niks onmoontlik is nie, is by jou en Hy onderneem om jou te red en te beskerm sodra dit nodig sou word. Jy mag maar rustig raak en Hom op SY word neem.
Wat as jy daai persoon is wat ‘n beheervraat is hoe verander jy dit om beter te doen in die toekoms?