Dag 26: Hou op om jouself te vergelyk
Sedert sosiale media soos ‘n veldbrand in ons lewens versprei het, het die wêreled ook draties verander. Ons vergelyk onsself geduring met sosiale media en dit kan ‘n lok val word vir skuld, selfbeeld, verekeerde persepsief vriende en so meer.
Dit het die platform van ‘n skaal geword waarvolgens on sons self meet in syfers en mense wat ons volg en hoeveelheid geld ons verdien en wat ons het en nie het nie. Wat dan nou die guns van mense toe kantel. Terwyl ons eintlik weet dat dit die verkeerde maatstaf is.
Spreuke 11:1-8 AFR83
Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie; net die regte gewig dra sy goedkeuring weg. Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid. Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang. Rykdom baat nie wanneer die Here straf nie; om te lewe volgens sy wil, red van die dood. Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk; wie verkeerd doen, kom daardeur tot 'n val. Die betroubaarheid van eerlike mense red hulle; onbetroubare mense word deur hulle hebsug gevang. Wanneer 'n slegte mens sterf, verdwyn alle hoop, selfs die verwagting wat op mag gebou is. Die regverdige word uit sy nood bevry, en dié nood tref die goddelose.
Daar is een ding in die lewe wat net erger en erger word soos die tyd aanstap. En die impak hiervan raak net meer negatief: Ons vergelyk onsself gedurig met ander.
As jy baie mededingend is, probeer jy dalk gedurig vasstel hoe jy met ander vergelyk. Is jy op dieselfde posvlak as iemand anders, verdien jy meer of minder, ry jy ’n mooier, nuwer, vinniger motor ...
Selfs al is jy nie eers iemand wat baie mededingend is nie, gaan jy nie noodwendig die vergelykingspeletjie vryspring nie. Sosiale media het vergelyking ’n absolute werklikheid in ons lewens gemaak. Jy sien gedurig hoe ander mense rondrits en lekker luuks vakansie hou, of jy sien hoe jou skoolpêlle van jare gelede suksesvolle ondernemings bedryf, pryse wen of bloot fantasties lyk.
Ja, ons vergelyk onsself deesdae met bekendes en hul lang hare, skitterwit tande, mooi velle en geborgde klere.
En as jy dan nog langs ’n braaivleisvuur moet staan en hoor hoe jou vriende keer op keer spog met nuwe huise en groter karre, kan ’n mens nie help om liggies depressief te voel nie. Want kom ons wees nou maar eerlik, dit is nie in vandag se tyd maklik om by te hou met alles en almal nie.
Ek wil hierdie jaar juis probeer om myself minder met ander mense te vergelyk. Dit is gewoon te uitputtend. Die konstante vergelyking met ander laat ’n mens in elk geval net voel of jy nooit goed genoeg is nie, dat jy nooit genoeg het nie. Ek kan nie dink dat God wil hê ons moet gedurig minderwaardig of onvergenoegd voel nie. Dit maak nie sin nie.
Hoe moet ’n mens in elk geval vir God dankie sê vir al jou genadegawes as jy gedurig voel jy het nie genoeg nie? Hoe moet jy die seëninge in jou lewe raaksien en waardeer as jy elke dag voel dit wat jy het, is nie mooi of nuut genoeg nie?
Ek glo dit is presies die teenoorgestelde van wat God vir ons wil hê. Dalk is dit tyd om vanjaar op onsself en ons eie lewenspad te fokus. Dalk is dit tyd om te besef dat dit wat ons het – die doodgewone kar, die eenvoudige huis, die klere in ons kas, heeltemal goed genoeg is. Dit is immers net genade.
“Julle moenie bekommerd wees nie. Julle moet ernstig bid tot God, julle moet vir Hom sê wat julle nodig het en julle moet vir Hom dankie sê daarvoor. Julle behoort aan Christus Jesus. Daarom sal God vir julle vrede gee, vrede wat baie beter is as enige iets waaraan mense kan dink, vrede wat die dinge beskerm wat julle dink.” Filippense 4:6-7, Die Bybel vir Almal