Dag 29: Hoe verstaan ek – Alles wat ek vra sal ek kry

Wat beteken die skrifte vir jou…? – Hoe verstaan ek dit…?

Het jy al ‘n vers aangehaal… met die hoop – hierdie vers gaan alles deurhaak. …So in die naam van Jesus, en dan gebeur dit nie: – verletter – waarom is die gebed nie beantwoord nie?

Kom ons kyk na die woorde van Jesus. Die woorde wat ek (en jy waarskynlik al) in my gebed van benoudheid gebruik het. John 14: 13 – 14. Een van die mees misbruikte verse in die Bybel.

En Jesus het dit gesê: JOHANNES 14:13-14 “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”

Hy sal wat doen? Kom ons almal sê dit hardop. Jesus het gesê: As julle my iets in my Naam vra, sal Ek dit doen!! Jy mag vra my vir wat? Wat julle ookal wil!! Lees jy dit?

So: As jy bid in geloof in die Naam van Jesus om die werk te kry, moet jy dit kry, of dáárdie meisie, en jy moet die lotto wen, reg? Dit is wat dit sê. As jy vra vir iets in My Naam. Dit is in rooi in my Bybel. Jesus het dit gesê. Dit moet waar wees – dit moet gebeur – dit staan in die Bybel!

Iemand vertel die storie van die dame, dierbare vrou, gediagnoseer met behandelbare kanker. Dit kon genees word deur mediese behandeling. Al die mense in haar kleingroep besluit om op daardie vers te staan. Christene sê dit soms “Ek gaan staan op dit.” So het haar groep gestaan. In Jesus se Naam, ons glo dat Sy genees sal word. Sy het behandeling geweier, en sy het tragies gesterf. Behandelbare kanker.

Uiterse Observasie: Natuurlik is hierdie vers nie waar nie. Natuurlik, werk die vers nie. Is dit nie regtig wat Jesus gesê het nie? Dis nie waar nie. Miskien verstaan ons dit verkeerd – hoe het Jesus dit bedoel, hoe is dit van toepassing?

Die reeks: Hier is ‘n baie vereenvoudigde manier om skrif te interpreteer. 3 Eenvoudige gedagtes om die ware betekenis vind in die skrif.

Nr 1: Ons moet die KONTEKS verstaan. Wat beteken dit? Ons wil weet wat die vers sê, wat kom voor die vers, na die vers, wie het dit geskryf, vir wie is dit geskryf, wat is die oorhoofse tema, wat wil God vir ons sê deur die skrywer? Ons wil en moet die konteks verstaan. Ons wil nie net ‘n versie trek nie – wees eerlik, ons almal het dit al iewers gedoen. Ek het dit al gedoen. Dit maak nie van jou ‘n onheilige nie. Dit beteken nie jy gaan hel toe nie. Dit beteken net dat jy leer in jou begrip van die skrif. Ons wil die konteks omhels en verstaan – dis belangrik.

Nr 2:, Ons wil die SKRIF interpreteer saam ander skrifte. Dit is baie belangrik. Maw, die beste manier om die Bybel te verstaan is met die Bybel. Ons kan nie 1 vers vat en ‘n hele lewe of Teologie daar rondom bou nie. (…Grace be unto you….). Ons gaan ‘n vers vat, en ons gaan kyk wat ander verse oor daardie soortgelyke tema sê. Ons gaan ons Teologie bou oor die konsekwentheid van 66 verskillende skrywers onder die inspirasie van die Heilige Gees en ons interpreteer skrif met skrif.

Nr 3:, Die mees belangrike een, ons moet gaan TOEPAS wat ons geleer het. Die Bybel is nie so seer ‘n boek wat bestudeer moet word soveel as wat dit GOD SE BRIEF aan ons is oor HOE ONS MOET LEEF. ‘n Lewenshandleiding! Daarom kyk ons na Johannes 14, die Woorde van Jesus. Jy kan enige iets in My Naam vra…. – ons gaan die KONTEKS verstaan, dit INTERPRETEER -die Bybel met die Bybel, en dan leer hoe om dit TOE TE PAS.

Laat weet my hoe julle dus die vers sal verstaan, interpreter en toepas. Ek hoor graag van julle!