Dag 30: Is jy ‘n Arend

Miskien moet jy die diere vra om jou te leer, die voëls daarbo om jou te vertel, of praat met die aarde dat dit jou leer en met die visse in die see dat hulle dit vir jou sê. Wie van hulle weet nie almal dat die hand van die Here alles gemaak het nie?- Job 12:7-9

Die 4 voëls waaroor ons reeds gesels het: Die Arend, die duif, die volstruis, die lelike eendjie (eend/swaan)

  • Die Arend: (Ontwikkel die mentaliteit van ‘n arend)

Ons kan nie soos hoenders leef wat loop en rondpik en rondskrop op die aarde, terwyl die Here elkeen van ons gemaak het met die potensiaal om hoog te kan vlieg nie.Mekaar aanmoedig om ons volle potensiaal te ontwikkelUit ons gemaksones beweeg

  • Die Duif: (Die duif binne in jou)

Die duif is ‘n simbool van vredemakers en die Heilige Gees.Eienskappe van die duif- nederigheid, sagmoedigheid, reinheid (kenmerkende einskappe van Jesus se bediening op aarde)Dieselfde Gees van God op Jesus tydens Sy bediening op aarde binne in elkeen van ons. Wat doen ons daarmee?

  • Die volstruis: (Die volstruis strategie)

Kenmerkend aan ‘n volstruis- langbene, lang nek en groot oë. Lees in Job- die volstruis het geen wysheid.Druk kop in die grond & sit op loop = volstruis strategieOns is wel geseënd met wysheid, maar doen soms dieselfde as volstruise. Ons moet waak daarteen

  • Die lelike eendjie. Die storie van die lelike eendjie

Iemand laat voel jou dalk soos ‘n lelike eendjie…Watter keuse gaan jy maak?Hierdie is God se dam en ons is die swane wat Hy bymekaar gevoeg het.

  • Is jy ‘n suikerbekkie of ‘n aasvoël?

Beide hierdie voëls vlieg rond opsoek na iets. Elke dag, heel dag Beide hierdie voëls vlieg rond opsoek na iets. Elke dag, heel dag.
Dit is wat hulle doen. Maar sien, hierdie twee voëls het twee uiteenlopende lewensuitkyke. Alle aasvoëls sien net karkasse en vrot vleis, want dit is waarvoor hulle soek. Maar die suikerbekkies ignoreer die stinkende vleis en dooie diere. Inplaas daarvan sien hulle altyd net die kleurvolle blomme.
Jy kan ‘n aasvoël wees wat die slegte in elke persoon sien, die lelike in elke situasie, of jy kan ‘n suikerbekkie wees wat die goeie in elke dag, situasie en mens soek/sien. Ongeag watter een van die twee jy kies- dit waarvoor jy soek- gaan jy kry

Wat sê God se Woord vir ons hieroor?

  • Spreuke 16, vers 24 en 27 stel die kontras tussen die verskillende leefwyses:Vers 24- Aangename woorde is soos heuning, soet en geneeskragtig vir die mens. (suikerbekkie)Vers 27 – ‘n Kwaadwillige mens bring net teenspoed; wat hy sê is soos ‘n verterende vuur. (aasvoël)
  • Johannes 10:10‘n Dief kom net steel en slag en uitroei (Aasvoël); Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê en dit in oorvloed (suikerbekkie).
  • Jesaja 43:19Kyk, Ek gaan iets nuut doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom.
  • Fil. 3:13-15:Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles het nie. Maar een ding doen ek: Ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink- God sal ook hierin aan jule die regte insig gee.
  • As ons ‘n suikerbekkie lewensuitkyk wil hê in die gemeente- Dan moet ons, ons losmaak van dinge wat in die verlede gebeur het. Dit is dood, dit is verby. En ‘n suikerbekkie fokus nie op die dood en dit wat verby is nie. ‘n Suikerbekkie soek lewe en varsheid.

Wat beteken dit prakties?

  1. Laat gaan bagasie van die verlede en fokusop hoe ons nou voorentoe kan beweeg
  2. Onvoorwaardelike aanvaarding en vergifnis
  3. Leef in vrede met jouself en met God
Wat wil die Here hê moet ons wees?
Waar wil die Here hê moet ons leef?
Soos 'n Arend, of soos n hoender?